29 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-04-2025 só ingevul:
Sonet se skoonma is ........ op hoe sy die kinders opvoed.
hiperkrities hieperkrities hiepirkrities hipirkrities
Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, byvoorbeeld in die voorvoegsel "hiper-".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die weermag het vanjaar vyf nuwe ........ ingehuldig.
adjudant-generaals adjudante-generaal adjudant-generale adjudants-generaal
Die laaste lid van saamgestelde rangbenamings kry die meervoudsvorm, byvoorbeeld "generaal-majoors", "sersant-majoors" (AWS 13.12). In hierdie geval is die rang "adjudant", terwyl "generaal" 'algemeen' beteken.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Tydens die Anglo-Boereoorlog was nie alle Boere ........ nie.
anti-Engels Anti-Engels anti-engels Anti-engels
Byvoeglike naamwoorde wat met voorvoegsels soos "anti-" en "pro-" van taalname afgelei is, word met 'n koppelteken tussen die voorvoegsel en die res geskryf. Die voorvoegsel begin met 'n kleinletter en die res met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Die oplossing wat julle voorstel, is erg kwestieus. 'n Sinoniem vir die woord "kwestieus" is ........ .
beklemmend twyfelagtig opwindend kommerwekkend
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "kwestieus" word nie so dikwels gebruik nie en is nogal deftig. Bron: HAT6.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)