09 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-05-2025 só ingevul:
Bewyse van goeie maatskaplike diens kan gesien word in die ........ in toegang tot primêregesondheidsorggeriewe.
reusverbetering reuseverbetering reus verbetering reuse verbetering
Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Wanneer die dae en nagte ewe lank is op 21 Maart en 22 September praat ons van die ........ .
slegs ekwinoks slegs nagewening slegs dag-en-nagewening of ekwinoks nagewening of dag-en-nagewening of ekwinoks
Die Engelse woord "equinox" het drie moontlikhede in Afrikaans, nl. "nagewening", "dag-en-nagewening", of "ekwinoks".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Voltooi die idioom: "Ook ........ slaap soms."
die Duiwel Homeros Morfeus Satan
Ons gebruik hierdie idioom om te verwys na 'n baie nougesette persoon wat 'n fout begaan het. Homeros is die skrywer van onder andere die Ilias.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
PG du Plessis was 'n bekende ........ dramaturg.
Afrikaanssprekende afrikaansprekende afrikaanssprekende Afrikaans sprekende
Aangesien Afrikaans 'n taalnaam is, word dit met 'n hoofletter in hierdie samestelling geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)