2481 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-05-2025 (vlak 1)



vorige toets 08 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-05-2025 só ingevul:



Die panda sukkel om ........ .

4 % (afgerond)voorttebestaan
80 % (afgerond)voort te bestaan 
5 % (afgerond)te voortbestaan
12 % (afgerond)voortbestaan

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die panda sal nog lank voortbestaan.” en “Die panda sukkel om voort te bestaan.”
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ons kajuit was op die ........ van die skip.
2 % (afgerond)dak
2 % (afgerond)dok
3 % (afgerond)dêk
93 % (afgerond)dek 

Die "e" in die woord "dek" word nie gerek nie en kry dus nie ’n kappie nie.
Sien ook die bladsy Kappie.



Uitdrukking: 'n Dromer bou ........ in die lug.
1 % (afgerond)huise
paaie
98 % (afgerond)kastele 
1 % (afgerond)wolke

Die uitdrukkings "kastele in die lug bou" of "lugkastele bou" beteken 'hersenskimme najaag'of 'jou vlei met oordrewe en ongegronde verwagtinge'.
(Bron: HAT).
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ashley het ’n pophuis vir ........ gekry.
2 % (afgerond)kerstfees
8 % (afgerond)Kerstfees
79 % (afgerond)Kersfees 
11 % (afgerond)kersfees

Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae ("Kersfees") word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties