2507 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 01 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-05-2025 só ingevul:



Wat is die meervoud van "kolonel-generaal"?
7 % (afgerond)kolonels-generaals
4 % (afgerond)kolonels-generale
78 % (afgerond)kolonels-generaal 
12 % (afgerond)kolonelle-generaal

'n "Kolonel-generaal" is 'n spesifieke soort kolonel en daarom word die meervoud op "kolonel" gevorm.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die ........ met die skoenlappermotief was vir haar pragtig.
2 % (afgerond)kamiki
4 % (afgerond)kammietjie
94 % (afgerond)kammetjie 
kammitjie

Die [i]-klank word in die verkleiningsuitgang "-etjie" deur "e" weergegee.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die reg wat betrekkinge onderling tussen burgers reël, staan bekend as ........ .

83 % (afgerond)privaatreg 
4 % (afgerond)privatereg
11 % (afgerond)privaat reg
3 % (afgerond)private reg

Die woord "privaat" is 'n byvoeglike naamwoord en word in die reël los van 'n selfstandige naamwoord geskryf. Die woord "privaatreg" is 'n uitsondering. 

Sien ook die bladsy Samestellings.



Wil jy ʼn skyfie van my ........ hê?
1 % (afgerond)limoen
2 % (afgerond)meloen
97 % (afgerond)lemoen 
miloen

Die woord "lemoen" is in Engels "orange" en in Nederlands "sinaasappel". Die woord "suurlemoen" is in Engels "lemon" en in Nederlands "citroen". Die Nederlandse woord "meloen" is wat in Afrikaans as "spanspek" bekend staan, vergelyk die Engelse "melon".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties