10 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-03-2025 só ingevul:
Die dogtertjie trippel van vreugde oor haar geskenk. Wat is die woordsoort van "trippel" in bostaande sin?
bywoord selfstandige naamwoord werkwoord voornaamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "trippel - getrippel".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Daar was tydens die huldeblyk aan die jong man by die begrafnis 'n hele ........ . Daar was nie 'n droë oog in sig nie!
tranedaal traandal tranedal traandaal
ʼn Samestelling (“tranedal”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“traan” en “dal”) bestaan. Die "e" is 'n verbindingsklank en die "a" word nie verdubbel nie omdat dit 'n lang oop lettergreep is. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die room sal jou vel ʼn gladde, ........ voorkoms gee.
egaligs egalig egalige egaligende
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die president doen ʼn ........ op die publiek om misdaad te help bekamp.
poging oproep beroep versoek
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “'n beroep doen”; “oproer maak”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)