2512 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-04-2025 (vlak 1)



vorige toets 28 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-04-2025 só ingevul:



Die kwepers het ’n ........ smaak.
63 % (afgerond)vrank 
35 % (afgerond)frank
1 % (afgerond)vraank
fraank

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Klein Antonie se ........ het oral rondom hom verstrooi gelê waar hy op die mat aan die slaap geraak het.
2 % (afgerond)speeldinge
70 % (afgerond)speelgoed 
28 % (afgerond)speeldinge of speelgoed

Die meervoud van "-ding" is "-goed". Daarom praat ons van een "speelding", maar baie "speelgoed", asook van een "eetding", maar baie "eetgoed".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



'n ........ is by die pasiënt gediagnoseer.
92 % (afgerond)Angsversteuring 
1 % (afgerond)Angs Versteuring
1 % (afgerond)angs versteuring
7 % (afgerond)angsversteuring

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord “ ʼn” begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Ek wil graag ’n ........ breek vir ons bestuurder wat so hard gewerk het om almal die afgelope jaar te motiveer.
3 % (afgerond)lansi
1 % (afgerond)laansi
91 % (afgerond)lansie 
5 % (afgerond)laansie

In woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank aan die einde van die woord staan, skryf ons die klank met "ie".
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties