08 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-05-2025 só ingevul:
Die voorsitter sal volgende week se vergadering ........ .
af las afgelas aflas
Die werkwoord "afgelas" beteken 'om iets op te hef'. Volgens WAT word "afgelas" in alle werkwoordtye gebruik: Hy het die vergadering afgelas, sy gelas die vergadering af, hy sal die vergadering afgelas. In Nederlands is die infinitief "afgelasten".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die sekerheidsbeampte by die lughawe het daarop aangedring dat hulle eers hul skoene, baadjies en ........ verwyder, voordat hulle gevisenteer is.
belte of belde belte belde belts
Die woord "belde" is die meervoud van sowel "belt" (die oorspronklike Engelse leenwoord) as "beld" (die eweneens aanvaarde verafrikaanste weergawe daarvan). Klankverwarring kom dikwels voor tussen "t" en "d" aan die einde van 'n woord, aangesien albei in Afrikaans as stemloos (d.w.s. as [t]) uitgespreek word. Deur te luister na die verboë vorm van so 'n woord (byvoorbeeld die meervoud), kan normaalweg bepaal word of dit met 'n "t" of 'n "d" gespel moet word. Beide die enkelvoudsvorme "belt" en "beld" word egter in hierdie uitsonderlike geval aanvaar.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Sy het haar hoërskoolloopbaan aan 'n ........ voltooi.
meisieskool meisies-skool meisies skool meisiesskool
As die eerste komponent van 'n samestelling in die enkelvoud nie op 'n "-s" eindig nie en die tweede komponent met 'n "s" begin, word 'n verbindings"-s" nie geskryf nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Sy optrede lyk vir my ........ ; ek dink jy moet gaan ondersoek instel.
agterdog agterdogtig verdag bedag
'n Mens kan "agterdogtig" wees as jy iemand wantrou; die optrede van iemand is "verdag". (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)