2549 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-03-2025 (vlak 2)



vorige toets 12 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-03-2025 só ingevul:



Die Chinese ........ berig dat alle ooreenkomste ongeldig sal wees.
6 % (afgerond)staats-nuusagentskap
1 % (afgerond)staats nuus agentskap
88 % (afgerond)staatsnuusagentskap 
5 % (afgerond)staats nuusagentskap

ʼn Samestelling (“staatsnuusagentskap”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“staat”, “nuus” en “agentskap”) bestaan. Die "s" is 'n verbindingsklank Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Op slegs 2% van die aarde se oppervlak is reeds 24 ekologieryke gebiede ........ wat 50% van alle landlewende spesies bevat.
11 % (afgerond)geidentifiseer
85 % (afgerond)geïdentifiseer 
3 % (afgerond)ge-identifiseer
1 % (afgerond)ge-ïdentifiseer

Wanneer 'n woord met twee vokale na mekaar nie as 'n diftong uitgespreek word nie, kry dit 'n deelteken op die tweede vokaal. Indien die woord oor 'n reël afgebreek word, is die deelteken nie nodig nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Die pasiënt is ........ die operasie oorlede.
1 % (afgerond)op
in
98 % (afgerond)tydens 
aan

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “tydens 'n operasie”; “in 'n operasiesaal”; “op 'n operasietafel”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Watter belangrike wêreldgebeurtenis het in 1914 uitgebreek?
2 % (afgerond)eerste Wêreldoorlog
3 % (afgerond)Eerste wêreldoorlog
1 % (afgerond)eerste wêreldoorlog
94 % (afgerond)Eerste Wêreldoorlog 

Die name van oorloë en veldslae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
91% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties