28 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-04-2025 só ingevul:
Die kwepers het ’n ........ smaak.
vrank frank vraank fraank
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Klein Antonie se ........ het oral rondom hom verstrooi gelê waar hy op die mat aan die slaap geraak het.
speeldinge speelgoed speeldinge of speelgoed
Die meervoud van "-ding" is "-goed". Daarom praat ons van een "speelding", maar baie "speelgoed", asook van een "eetding", maar baie "eetgoed".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
'n ........ is by die pasiënt gediagnoseer.
Angsversteuring Angs Versteuring angs versteuring angsversteuring
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord “ ʼn” begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Ek wil graag ’n ........ breek vir ons bestuurder wat so hard gewerk het om almal die afgelope jaar te motiveer.
lansi laansi lansie laansie
In woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank aan die einde van die woord staan, skryf ons die klank met "ie".
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)