2492 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 06 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-05-2025 só ingevul:



Die klein bokkies het op die ........ baljaar.
7 % (afgerond)lusêrnbale
91 % (afgerond)lusernbale 
1 % (afgerond)luserinbale
2 % (afgerond)luserenbale

By sommige medeklinkerkombinasies word daar 'n vokaal uitgespreek, alhoewel 'n klinker nie in die spelling voorkom nie.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.



Die manlike vorm van "blondine" is ........ .
83 % (afgerond)blonde man 
1 % (afgerond)blont
16 % (afgerond)blondeur

Sommige manlike en vroulike vorms is maklik om af te lei; ander moet egter aangeleer word, byvoorbeeld "blonde man - blondine", "lugwaardin - vlugkelner", "strooimeisie - strooijonker".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Mel Gibson het vele kritiek oor ........ ná sy fliek, "The Passion of the Christ", ontvang.
3 % (afgerond)slegs Anti-semitisme
69 % (afgerond)anti-Semitisme of antisemitisme 
7 % (afgerond)slegs Anti-Semitisme
20 % (afgerond)slegs anti-semitisme

Afleidings op "-is", "-isme", "-istiek" en "-isties" wat uit eiename gevorm is, begin met 'n hoofletter of 'n kleinletter (AWS 9.21).
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Daar is Vrydagaand ........ op die spyskaart.
92 % (afgerond)fondue 
7 % (afgerond)fondoe
1 % (afgerond)fondo

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties