2537 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-04-2025 (vlak 1)



vorige toets 25 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-04-2025 só ingevul:



Hy het 'n totale metamorfose ondergaan.
'n Sinoniem vir "metamorfose" is:
98 % (afgerond)gedaanteverwisseling 
1 % (afgerond)operasie
1 % (afgerond)vollyfwaks

Metamorfose dui op veranderinge wat iets of iemand ondergaan.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Ek gaan goed doen in die eksamen; ek het my werk deeglik ........ .
3 % (afgerond)gehersien
2 % (afgerond)hergesien
95 % (afgerond)hersien 

Wanneer die hoofklem van ’n woord op die laaste lettergreep val ("hersien"), word die voltooide deelwoord sonder "ge-" gevorm (AWS 17.2 a).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Haar trane het my hele hart laat vermurwe.
Watter betekenis het "vermurwe" in die sin?
95 % (afgerond)versag 
2 % (afgerond)opgekikker
1 % (afgerond)koud gelaat
2 % (afgerond)verhard

"Vermurf"/"vermurwe" beteken 'verteder', 'versag' of 'tot medelye bring'.
Sien ook die bladsy Uitdrukkings en segswyses.



Die konsert begin om ........ vanaand.
agtier
31 % (afgerond)agt uur
68 % (afgerond)agtuur 
1 % (afgerond)agt ure

Tydsaanduiding in woorde word vas geskryf. Tydsduur word egter los geskryf. Byvoorbeeld, die konsert begin om agtuur vanaand, en sal ongeveer twee uur lank duur.
Sien ook die bladsy Getalle.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties