2550 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-03-2025 (vlak 2)



vorige toets 14 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-03-2025 só ingevul:



Skryf jou naam, van en studentenommer ........ die bladsy.
51 % (afgerond)boaan of bo-aan 
7 % (afgerond)boaan
41 % (afgerond)bo-aan
1 % (afgerond)boäan

As ʼn opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings volgens die leser meebring dat die woord moeilik gelees kan word, is ʼn koppelteken tussen die dele opsioneel (AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Idioom: Ek kan nie hierdie werk doen nie; dit is ........ .
97 % (afgerond)bokant my vuurmaakplek 
1 % (afgerond)onder my knieë
1 % (afgerond)te warm kole
1 % (afgerond)buite die hert

Die idioom "bokant iemand se vuurmaakplek" beteken dat as iets meer is as wat jy kan doen of begryp, dit bokant jou vuurmaakplek is.
In Engels is dit "Something is beyond me".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ van die groep is onlangs oorlede.
81 % (afgerond)hoofkitaarspeler 
hoof kitaar speler
1 % (afgerond)hoofkitaar speler
18 % (afgerond)hoof kitaarspeler

ʼn Samestelling ("hoofkitaarspeler") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("hoof", "kitaar" en "speler") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die woord "gety" in die volgende sinne is 'n ........ .
Die gety kom in.
Ek hoop hierdie gety is vol geluk en vreugde!
1 % (afgerond)homograaf
20 % (afgerond)homofoon
61 % (afgerond)homoniem
18 % (afgerond)poliseem 

Poliseme is woorde met meer as een betekenis. Die konteks van ʼn woord is die belangrikste faktor by hierdie verskynsel. byvoorbeeld “gety” ‘die stand van die see’ en “gety” ‘tyd’. Bron: HAT
Sien ook die bladsy Poliseme.



TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties