2537 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-04-2025 (vlak 2)



vorige toets 25 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-04-2025 só ingevul:



My boetie het ons kombuisvenster se ruit met ʼn bal stukkend gegooi.
Die "ui"-klank in die woord "ruit" in bostaande sin is 'n voorbeeld van 'n ........ .

2 % (afgerond)bywoord
70 % (afgerond)diftong 
13 % (afgerond)oorronding
14 % (afgerond)konsonant

Diftonge, oftewel tweeklanke, is ʼn opeenvolging van vokaalklanke wat sonder onderbreking uitgespreek word. Diftonge word nie met leestekens gespel nie.
Sien ook die bladsy Diftonge.



Uitdrukking: Met iemand ........ kan begin nie.
5 % (afgerond)nie
9 % (afgerond)nooit
31 % (afgerond)net nie
55 % (afgerond)niks 

Die uitdrukking "met iemand niks kan begin nie", beteken 'iemand is niks werd nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



My jongste sussie kan nie ophou praat oor die ........ wat verlede week voor George-hulle se huis gestaan het nie.
3 % (afgerond)2 deur Renult
70 % (afgerond)2-deur Renault
24 % (afgerond)2-deur-Renault 
3 % (afgerond)2deurRenault

In eienaamverbindings wat as soortname optree en wat begin met 'n nie-eienaamgedeelte gevolg deur 'n eienaamgedeelte, word die dele met 'n koppelteken vas geskryf (AWS 14.10).
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



'n Sinoniem vir die woord "aanvullend" is ........ .
1 % (afgerond)suppressie
11 % (afgerond)uitgebreid
87 % (afgerond)supplementêr 
1 % (afgerond)aanvoelbaar

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties