13 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-05-2025 só ingevul:
Ons het ʼn lekker bui reën gehad. Wat is die woordsoort van "bui" in bostaande sin?
voegwoord byvoeglike naamwoord selfstandige naamwoord werkwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “bui - die bui – buie”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ek gaan nie toelaat dat die terugslag my ........ nie.
onderkry onder-kry onder kry
Die woord "onderkry" is 'n samestelling van die setsel "onder-" en die werkwoord "kry". Samestellings word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Oktober is die tyd wat die ........ blom.
jakaranda's Jakaranda's Jakarandas jakarandas
Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters. Woorde wat op "a" eindig, kry slegs 'n afkappingsteken in die meervoud as die "a" lank en beklemtoon is.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
"Hoe gaan dit met jou nadat jy die kompetisie gewen het, Danie?" "Met my gaan dit ........ !" sê Danie.
klopdistelboom klopdiselboom klop-dissel-boom klopdisselboom
Die woord "klopdisselboom" beteken 'voorspoedig'. Die Engels vir "klopdisselboom" is 'plain sailing' of 'everything is running smoothly'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)