2549 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-03-2025 (vlak 2)



vorige toets 24 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-03-2025 só ingevul:



Die restaurant by die Pretoriase ........ verskaf piekniekmandjies.
37 % (afgerond)Botaniese Tuine
63 % (afgerond)Botaniese Tuin 

"Botanic Gardens" word in Afrikaans vertaal met "Botaniese Tuin" wanneer dit na 'n spesifieke instelling verwys (soos die "Pretoriase Botaniese Tuin").
Sien ook die bladsy Anglisismes.



Naweke is ek 'n ou regte ........ .
2 % (afgerond)laat-slaper
93 % (afgerond)laatslaper 
6 % (afgerond)laat slaper

Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-er”) wat ʼn woordgroep (“laat" en "slaap”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



Sommige Bybels bevat nog die ........ geskrifte.
2 % (afgerond)apokrief
79 % (afgerond)apokriewe 
19 % (afgerond)appokriewe
appokriew

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("apokrief"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan. Woorde wat op "f" eindig kry "-we" in die attributiewe vorm.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Ons dink almal dat Anna valse hoop ........ , want dit is reeds 'n maand sedert haar hondjie verdwyn het en steeds glo sy dat hy weer gevind sal word.
95 % (afgerond)koester 
3 % (afgerond)handhaaf
1 % (afgerond)vertroetel

Om "valse hoop te koester" beteken 'om te bly hoop al dui alles daarop dat daar geen of min hoop oor is nie'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties