2553 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-03-2025 (vlak 2)



vorige toets 25 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-03-2025 só ingevul:



Die kok het vergeet om 'n bietjie olie in die ........ te gooi.

97 % (afgerond)pannekoekpanne 
pannekoekpans
3 % (afgerond)pannekoekepanne
pannekoekpane

Die meervoud van "pannekoekpan" is "pannekoekpanne".
Ons skryf die konsonant dubbeld om seker te maak dat die vokaal kort bly.

Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Dit was vir my 'n ........ om haar te help.
plisir
plisier
plesir
99 % (afgerond)plesier 

Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank in ’n geslote lettergreep of aan die einde van die woord staan, skryf ons met “-ie”. Die [ә]-klank word in onbeklemtoonde lettergrepe en sommige voorvoegsels met “e” geskryf (AWS 16.14).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Ons sterrestelsel is deel van die ........ .
12 % (afgerond)melkweg
1 % (afgerond)Melk Weg
melk weg
87 % (afgerond)Melkweg 

Die name van hemelliggame en sterrekundige stelsels ("Melkweg") begin met ʼn hoofletter (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Jy kan die tjek daar by die kassier wissel.
'n Sinoniem vir die woord "kassier" is ........ .

57 % (afgerond)telklerk
40 % (afgerond)kashouer 
2 % (afgerond)geldman
1 % (afgerond)tjekomruiler

Sinonieme is woorde met min of meer dieselfde betekenis. 'n Sinoniem vir "kassier" is "kashouer" of "geldklerk".

Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties