2550 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-03-2025 (vlak 2)



vorige toets 26 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-03-2025 só ingevul:



Laat weet my as jy nog geld ........ ; dalk kan ek bylas.

1 % (afgerond)korte kom
14 % (afgerond)kort kom
84 % (afgerond)kortkom 
1 % (afgerond)kort-kom

ʼn Samestelling ("kortkom") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("kort" en "kom") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.

Sien ook die bladsy Samestellings.



Minstens ses mense is in die suide van Amerika dood in storms wat ........ en oorstromings tot gevolg gehad het.
tornadoese
2 % (afgerond)tornadoes
26 % (afgerond)tornados
72 % (afgerond)tornado's 

Woorde wat op ʼn “i”, “o”, “u” en ʼn beklemtoonde (lang) “a” eindig, word in die meervoud met ʼn afkappingsteken geskryf.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Idioom: Wat nie ........ nie, moet breek.
10 % (afgerond)heel is
4 % (afgerond)week
2 % (afgerond)brand
84 % (afgerond)buig 

Die idioom "wat nie buig nie, moet breek", beteken 'wat nie wil toegee nie, moet die gevolge dra.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Iemand wat die toekoms voorspel deur die stand van die sterre te bestudeer, noem ons ʼn ........ .

10 % (afgerond)astrologikus
78 % (afgerond)sterrewiggelaar 
11 % (afgerond)astronoom
astronout

ʼn Sterrewiggelaar word ook ʼn astroloog genoem; ʼn sterrekundige is ʼn astronoom; ʼn ruimtevaarder is 'n astronout. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)

Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties