31 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 31-03-2025 só ingevul:
In sommige dele van die wêreld is ........ 'n algemene verskynsel.
polligamie polliegamie poligamie
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “poligamie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "poligamie" kom uit die Grieks "polus + gamos" wat 'huwelik' beteken.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Idioom: 'n Ou ........ met kaf probeer vang.
hond uil voël kat
Die idioom "'n ou voël met kaf probeer vang" beteken 'om 'n bedrewe persoon te probeer kul'.
Die ........ is nie beskikbaar nie, en ek kan gevolglik nie die internet gebruik nie.
lokale area netwerk lokaleareanetwerk lokalearea netwerk lokale areanetwerk
"Lokaleareanetwerk" is 'n samestellende samestelling. Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "lokale" + selfstandige naamwoord "area") en ʼn selfstandige naamwoord "netwerk".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Met die president se heengaan was die koerantopskrifte in groot, ........ letters.
dik vet breë sterk
Letters word "vet" gedruk; koerantopskrifte is in groot, "vet" letters, nie "dik" letters nie.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)