2332 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-07-2025 (vlak 3)



vorige toets 03 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-07-2025 só ingevul:



Die vertoning was só droog, ek het al na die eerste tien minute ........ kyk.
geophou
51 % (afgerond)ophou 
geöphou
48 % (afgerond)opgehou

Skakelwerkwoorde, naamlik "begin", "bly", "gaan", "help", "hoor", "kom", "leer", "ophou", "probeer", "sien" en "voel", wat voor 'n ander werkwoord kom, kry nie "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die skrywers behoort aan 'n ........ .
92 % (afgerond)gilde 
8 % (afgerond)gulde

'n Mens noem 'n beroepsvereniging 'n gilde. "Gulde" beteken 'goue', soos in "'n gulde geleentheid" (wat dus as 't ware 'n goue geleentheid is).
Sien ook die bladsy Homofone.



Die unieke flora van die streek is van besondere belang vir die wetenskap omdat 'n ........ van fynbosspesies op 'n relatief klein gebied voorkom.
6 % (afgerond)reusverskeidenheid
18 % (afgerond)reuse verskeidenheid
75 % (afgerond)reuseverskeidenheid 
reus verskeidenheid

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Wat noem ʼn mens iemand wat in diens geneem word om jou motor te bestuur?
1 % (afgerond)chauffeer
83 % (afgerond)chauffeur 
15 % (afgerond)chaufeur
choufeur

Die woord "chauffeur" kom uit Frans en verwys na 'n gehuurde motorbestuurder. Die werkwoord is "chauffeer".
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties