2421 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-06-2025 (vlak 2)



vorige toets 10 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-06-2025 só ingevul:



Die insek het 'n gedaanteverwisseling ........ .
1 % (afgerond)geondergaan
3 % (afgerond)ondergegaan
96 % (afgerond)ondergaan 
geöndergaan

Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n “ge-“ in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die kind se rooi wange is ʼn ........ van koors.

93 % (afgerond)simptoom 
sumtoom
7 % (afgerond)simtoom
sumptoom

Assimilasie vind plaas wanneer twee verskillende klanke (soos die “m” en die “p” in “simptoom”) eenders uitgespreek en geskryf word.
Sien ook die bladsy Assimilasie.



Die voël op Suid-Afrika se landswapen is 'n ........ .

63 % (afgerond)slegs sekretarisvoël 
1 % (afgerond)sikretarisvoël of Sikretarisvoël
36 % (afgerond)sekretarisvoël of Sekretarisvoël

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "sekretarisvoël", "gaboenadder", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a).
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



Dié vragmotor kan ʼn swaar las dra.
Die pyp lek by die las.
Die woord "las" in bostaande sinne is 'n ........ .

79 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)antifoon
2 % (afgerond)sinoniem
18 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “las” (‘lading’) en “las” (‘verbindingspunt veral tussen twee pype’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties