2441 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 30 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-05-2025 só ingevul:



Die presidentskandidaat het die beoogde ........ die kern van sy veldtog gemaak.
25 % (afgerond)12-nasie-transpasifiese-vennootskap
7 % (afgerond)12 nasie transpasifiese vennootskap
19 % (afgerond)12-nasie-transpasifiese vennootskap
49 % (afgerond)12-nasie- transpasifiese vennootskap 

Afstandsamestellings moet volgens die jongste AWS met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“transpasifiese”) sou dit vas geskryf word as “12-nasievennootskap” (AWS 12.25).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die rivier loop daar onderkant tussen die berge.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "onderkant" in bostaande sin?
10 % (afgerond)bywoord van wyse
1 % (afgerond)bywoord van hoogte
13 % (afgerond)bywoord van modaliteit
76 % (afgerond)bywoord van plek 

Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van plek - "onderkant", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "besonder" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



'n Regiment is 'n ........ .
99 % (afgerond)eenheid soldate 
voertuig vir soldate
eetplek vir soldate
1 % (afgerond)slaapsaal vir soldate

'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Sien ook die bladsy Versamelname.



Die dominee van die ........ is baie gewild onder die ouer mense.
81 % (afgerond)Hervormde Kerk 
17 % (afgerond)Hervormde Kerk of Hervormde-kerk
1 % (afgerond)Hervormde-kerk
1 % (afgerond)hervormde kerk

Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf ten einde leesbaarheid te verhoog.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties