30 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-05-2025 só ingevul:
'n Sinoniem vir die woord "buiten" in die volgende sin is ........ . Buiten die familie was baie van ons vriende ook op die troue.
benewens tesame verder binne
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Die hoof wil jou spreek ........ die voorval Maandag in mevrou Beetge se klas.
rakent rakend rakende raakende
Sommige deelwoorde ("rakend"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan as dit as byvoeglike naamwoord voor 'n selfstandige naamwoord funksioneer. In hierdie sinskonteks funksioneer "rakende" as voorsetsel.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Uitdrukking: Daardie verhaal klink vir my te dik vir 'n ...
daalder duim suur melk vark
Die uitdrukking "te dik vir 'n daalder" beteken 'moeilik om te glo'. 'n Daalder is 'n ou geldeenheid en 'n verkorting van "rijksdaalder". Die Amerikaanse "dollar" is ook verwant aan die woord. Die VSA was in 'n stadium 'n Nederlandse kolonie. Bron: HAT6
'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ("'n" of "die") voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: redenaar - die redenaar - redenaars.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)