25 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-04-2025 só ingevul:
Die student se mediese opleiding sal hom ........ om eendag mense te help.
instaatstel instaat stel in staatstel in staat stel
Woorde wat deel van 'n woordgroep uitmaak, word los van mekaar geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die gekleurde liggies het die tuin in ʼn sprokieswêreld omskep. Onder watter subkategorie van die woordsoort val "omskep" in bostaande sin?
gangbare hoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die liggies het die tuin omskep. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Idioom: Elke ........ is koning op sy eie mishoop.
leeu sprinkaan haan miskruier
Ons bure het verskeie Afrikamaskers en ........ in hulle sitkamer.
boedabeelde Boeddhabeelde Boedabeelde boeddhabeelde
Samestellings van eiename word met hoofletters geskryf. Die eerste deel van die samestelling, "Boeddha" word slegs met 'n hoofletter gespel.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)