02 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-05-2025 só ingevul:
Ek wil graag leer ........ .
skee skiee ski skie
Vreemde woorde ("ski") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Hou altyd jou oë oop vir ........ as jy tussen baie mense beweeg.
sakkerols sakkerollers sakkerols sakkerollerens
Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n "-s" in die meervoud (AWS 13.3)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Met al jou gepraat, bring jy my nou heeltemal in die ........ .
war blare steek
Wil jy eendag veras of begrawe word? Wat is die woordsoort van die woord "veras" in bostaande sin?
werkwoord bywoord voegwoord selfstandige naamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "veras" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)