23 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-06-2025 só ingevul:
Soms is daar die kans om 'n goeie en veilige dividend op 'n ........ te verdien.
stuiweraandeel styweraandeel suiweraandeel
Die woord "stuiweraandeel" is 'n term wat in die sakewêreld gebruik word vir 'n aandeel wat teen minder as 10c verhandel.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Idioom: 'n Mens kan nie 'n ........ sonder 'n hand maak nie.
vuis huis kunswerk
Die uitdrukking "'n mens kan nie 'n vuis maak sonder 'n hand maak nie," beteken 'n mens kan nie die onmoontlike doen nie'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Toe ek in die huis ingetrek het, het ek nuwe ........ laat installeer; dit lyk baie beter as die ou lelike matte.
gelamineerde hout-vloere gelamineerdehoutvloere gelamineerdehout vloere gelamineerde hout vloere
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "gelamineerde" + selfstandige naamwoord "hout") en ʼn selfstandige naamwoord "vloere".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die pad is nou weer veilig. Wat is die woordsoort van "veilig" in bostaande sin?
attributiewe byvoeglike naamwoord predikatiewe byvoeglike naamwoord interaktiewe byvoeglike naamwoord prediktiewe byvoeglike naamwoord
'n Predikatiewe adjektief of byvoeglike naamwoord staan gewoonlik ná 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die pad is veilig".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)