10 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-07-2025 só ingevul:
Van al die deelnemers was sy kommentaar die ........ .
opmerkbaarste opmerksaamste opmerklikste
Die woord "opmerklik" beteken 'wat 'n mens duidelik kan sien'; die woord "opmerksaam" beteken 'wat goed oplet en dinge vinnig raaksien'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Sy ma het sy belangstelling in musiek ........ .
aangewakker aan gewakker geaanwakker
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die onderwyseres het aan haar klas verduidelik dat 'n ........ ook 'n taalgogga genoem kan word.
anglisisme Anglisisme Anglisisme of anglisisme
Afleidings op "-is", "-isme" en "-isties" wat uit taalname gevorm is, begin met 'n hoofletter of 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Ons gaan die stigting van ons dorp ʼn eeu gelede met ʼn groot fees vier. Wat is die woordsoort van "fees" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord byvoeglike naamwoord bywoord werkwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “fees - ʼn fees – feeste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)