16 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-07-2025 só ingevul:
Ek het 'n saamrygeleentheid ........ gekry.
huistoe huis-toe huis toe
Bywoordelike verbindings wat bestaan uit 'n selfstandige naamwoord en "toe" word los geskryf (Reël 14.54 in die AWS).
Sien ook die bladsy Samestellings.
Sy moet alewig ........ wanneer haar ma haar vra om in die huis te help.
teë-praat teupraat teë praat teëpraat
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Idioom: Jy laat die persoon die ........ dans.
wals snuifpyp tango horrelpyp
Dit is 'n ........ se plig om misdaad te bekamp.
slegs Regering slegs regering regering of Regering
Wanneer 'n ampsbenaming, of die naam van 'n instelling ("regering"), 'n algemene verwysing is, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)