15 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-07-2025 só ingevul:
Ons moet 'n tol betaal as ons deur die hek wil ry. Wat is die woordsoort van "tol" in bostaande sin?
bywoord werkwoord byvoeglike naamwoord selfstandige naamwoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “tol - die tol – tolle”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Ek dink ’n ........ het my van my beursie met al my geld beroof.
sakke roller sakke-roller sakkeroller
ʼn Samestelling ("sakkerollers") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("sak" en "roller") bestaan. Die "e" is ’n verbindingsklank. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ek is geïnteresseerd in tipiese ........ gewoontes.
Egiptenaarse Egiptese Egiptelandse Egiptiese
Mense wat van Egipte kom, noem jy "Egiptenare" met "Egiptiese" gewoontes.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Daai twee is ........ in een mus.
kop hand stert wol
Die idioom "kop in een mus" beteken ‘in alles met mekaar saamstem’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)