2204 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 14 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-08-2025 só ingevul:



Die woord "voet" in die volgende sinne is 'n ........ .
Die staproete begin aan die voet van die berg.
Jou voet in 'n visblik!
36 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)antifoon
4 % (afgerond)sinoniem
58 % (afgerond)poliseem 

Poliseme is woorde met meer as een betekenis. Die konteks van ʼn woord is die belangrikste faktor by hierdie verskynsel, byvoorbeeld “voet” (‘beginpunt van 'n berg’) en “voet” (‘ledemaat waarop 'n mens staan’).
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Poliseme.



Die 20ste eeu het verskeie ........ opgelewer.
14 % (afgerond)genies
85 % (afgerond)genieë 
1 % (afgerond)geniese
geniege

Woorde wat op "-ee", "i", "-ie"of "oe" eindig, kry “-ë” in die meervoud (AWS 13.10), byvoorbeeld "genie - genieë", "proe - proeë" en "profesie - profesieë".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die ........ was te oulik toe sy die ring aan die bruid gee.
1 % (afgerond)bloemmeisienkie
11 % (afgerond)klein blommemeisie
86 % (afgerond)blommemeisietjie 
2 % (afgerond)blommemeisiekie

Woorde wat op ’n tweeklank of “-ie” eindig, kry “-tjie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.5). Die woord "meisie" is inderwaarheid reeds 'n verkleiningsvorm. In Afrikaans verdubbel ons dus die verkleiningsvorm omdat ons nie meer die woord "meisie" as 'n verkleiningsvorm beskou nie.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Die Afrika-Unie het by sy 29ste algemene vergadering in ........ besluit om terreur en ekstremisme te beveg.
24 % (afgerond)Addis Abbeba
22 % (afgerond)Addis Ababa
1 % (afgerond)Addisabbeba
53 % (afgerond)Addis Abeba 

Sommige plekname word verafrikaans, daarom verskil die spelling van die hoofstad van Ethiopië in Afrikaans van die Engels. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname is agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties