2206 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-08-2025 (vlak 1)



vorige toets 08 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-08-2025 só ingevul:



Spur is 'n gewilde ........ .
3 % (afgerond)restoerant
3 % (afgerond)restourant
52 % (afgerond)restaurant of restourant 
42 % (afgerond)restaurant

Beide "restaurant" en "restourant" is aanvaarbaar in Afrikaans.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



Die houtkapper kap hout dat die ........ so spat.

7 % (afgerond)spanders
2 % (afgerond)spaandere
spaanderens
91 % (afgerond)spaanders 

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n “-s” in die meervoud, byvoorbeeld "spaander - spaanders" (AWS 13.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Vele ........ maak minder werk.
1 % (afgerond)masjiene
1 % (afgerond)honde
95 % (afgerond)hande 
3 % (afgerond)mense

Die idioom "vele hande maak minder/ligte werk" beteken ‘hoe meer mense help hoe makliker is die werk’. (Bron: Spreekwoorde – Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ma is besig om wortelslaai vir die braaivleis te maak.
Wat is die woordsoort van die woord "wortelslaai"?
2 % (afgerond)bywoord
96 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
1 % (afgerond)voegwoord
1 % (afgerond)adjektief

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: wortelslaai - die wortelslaai - wortelslaaie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties