17 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-07-2025 só ingevul:
Hoeveel ........ ontstaan wanneer selle deur middel van mitose verdeel?
nukleïne nukleusse of nukleï nukleusse nukleï
Naamwoorde wat op “-s” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm. In die geval van nukleus is albei meervoude "nukleusse" en "nukleï" korrek.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die nuus volg binne enkele ........ .
oomblikke oomblike oomlike oomlikke
As ’n stam van ’n woord uitgaan op [a], [ε], [ͻ], [ә] of [œ] en ’n konsonant, word die konsonant in die afleidings verdubbel, byvoorbeeld “debatteer”, “detailleer”, “blikkie”, “beddens”, “kramatte”. Die woord "oomblik" bestaan histories uit twee stamme en val dus onder die reël.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Die minister van polisie het 'n nuwe hoof vir die polisie se ........ aangestel.
georganiseerde misdaadeenheid georganiseerde misdaad-eenheid georganiseerde misdaad eenheid georganiseerdemisdaadeenheid
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "georganiseerde" + selfstandige naamwoord "misdaad") en ʼn selfstandige naamwoord "eenheid".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die ........ is dikwels ʼn moeilike tyd in ʼn jong mens se lewe.
adolesennsie adollessensie adolesensie adolessensie
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “adolessensie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)