2142 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-10-2025 (vlak 1)



vorige toets 07 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-10-2025 só ingevul:



Die somer was relatief warm.
Wat is die woordsoort van "relatief" in bostaande sin?
7 % (afgerond)voegwoord
40 % (afgerond)adjektief
3 % (afgerond)werkwoord
51 % (afgerond)bywoord 

'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n adjektief. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe warm was die somer? Die antwoord: relatief.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Rhoda is ........ na die telefoonnommer van die bekende teler in Kaapstad.

38 % (afgerond)opsoek
62 % (afgerond)op soek 
soek op
op-soek

In die sin "op soek na" word "op soek" los geskryf; in die werkwoordvorm "ek moet iets opsoek" word dit vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



In ........ het die mense ’n kenmerkende manier van praat.
1 % (afgerond)namakwaland
1 % (afgerond)namaqualand
88 % (afgerond)Namakwaland 
10 % (afgerond)Namaqualand

Eiename en plekname ("Namakwaland") word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



As jy jonk, maar ervare is, sê ons in die idioom: "Bietjie baard, maar ........ ".
14 % (afgerond)baie hare
43 % (afgerond)klipsteenhard 
43 % (afgerond)baie vaart

Leer meer oor Afrikaanse idiome by http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties