2216 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-07-2025 (vlak 1)



vorige toets 24 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-07-2025 só ingevul:



Maak die vensters met ........ skoon, dan maak dit nie merke nie.
1 % (afgerond)seem leer
1 % (afgerond)seems leer
22 % (afgerond)seemleer
76 % (afgerond)seemsleer 

By sommige samestellings is ’n verbindingsklank verpligtend, byvoorbeeld "seemsleer", "ambagsman", "denneboom", "nooiensvan" en "kinderkamer".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



........ kan ruite stukkend slaan en groot skade aan motors aanrig.
14 % (afgerond)Haël
84 % (afgerond)Hael 
2 % (afgerond)Haal
Ha-el

Die "ae"-verbinding in eg Afrikaanse woorde kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.9).
Sien ook die bladsy Deelteken.



Michelle was van ........ af lief vir perdry.
97 % (afgerond)kindsbeen 
3 % (afgerond)kunsbeen
kundsbeen

Die uitdrukking "van kindsbeen af" beteken ‘van die vroegste jare af’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Wanneer die ........ praat, moet ons mooi luister.
47 % (afgerond)Imam
16 % (afgerond)iman
2 % (afgerond)i-mam
35 % (afgerond)imam 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "imam", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties