2212 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-07-2025 (vlak 3)



vorige toets 28 JUL volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-07-2025 só ingevul:



Ek het vir my hierdie mooi handskoene op die uitverkoping gekoop. Dis van egte ........ .
17 % (afgerond)suede
51 % (afgerond)suède 
2 % (afgerond)suedè
30 % (afgerond)suéde

Vreemde woorde ("suède") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Idioom: Kleine ........ , grote ore.
93 % (afgerond)muisies 
1 % (afgerond)katjies
2 % (afgerond)husse
3 % (afgerond)hasies

Die idioom "kleine muisies, grote ore" beteken ''n mens moet versigtig wees wat jy voor kinders sê'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



My pa het destyds 'n ou ........ gery.
48 % (afgerond)1954-Triumph TR2-afslaankap 
23 % (afgerond)1954-Triumph-TR2-afslaankap
25 % (afgerond)1954 Triumph TR2-afslaankap
3 % (afgerond)1954 Triumph TR2 afslaankap

In samestellings met eiename waar een deel van die samestelling los geskryf moet word, word die spasies in samestellings behou, byvoorbeeld "2-deur-Land Rover-motor" of "1954-Triumph TR2-afslaankap".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die opdrag was veels te moeilik.
Wat is die woordsoort van "veels" in bostaande sin?
12 % (afgerond)bywoord van modaliteit
bywoord van tyd
74 % (afgerond)bywoord van graad 
13 % (afgerond)bywoord van wyse

Bywoorde beskryf die adjektief of die werkwoord in 'n sin. Daar is verskillende soorte bywoorde, byvoorbeeld bywoord van wyse - "abrup", bywoord van tyd - "môre", bywoord van graad - "veels" en bywoord van modaliteit - "dalk".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties