05 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-12-2025 só ingevul:
Verskeie salwe bevat ........ omdat dit inflammasie verlig.
kamver kamfer kanver camfer
Naas "kamfer" is "kanfer" ook korrek. ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "kamfer – kanfer", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant". Om die rede sou "kanfer" ook korrek wees.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Elke klub het sy eie ........ wat die lede moet gehoorsaam.
regulasi’s regulasie’s regulassies regulasies
Naamwoorde wat op "-ie" eindig ("regulasie"), kry ’n "-s" in die meervoud.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
As julle nie wil luister nie, gaan ek die ........ inlê!
pen geld konfyt sambok
Die idioom "die sambok inlê" beteken ‘om te slaan’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Inwoners is ná die bomdreigement uit die omgewing ontruim. Die woordsoort van die woord "ontruim" is 'n ........ .
bywoord voegwoord selfstandige naamwoord werkwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "ontruim", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)