09 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-12-2025 só ingevul:
Jan-Willem ........ die sang met behulp van die kitaar.
begely begelei bigelei bigily
Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe. Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die getal vier-en-twintig is gelyk aan twee ........ .
twaalwe twaalf'e twaalwe of twaalfs twaalfs
Woorde wat op 'n "f" eindig se meervoude word gewoonlik deur die toevoeging van 'n "-e" gevorm, terwyl die "f" 'n "w" word. Enkele uitsonderings bestaan egter waar die meervoud eenvoudig deur die toevoeging van óf 'n "-s" (bv. "sjefs" en "neefs"), óf 'n "-e" (bv. "nimfe" en "triomfe") gevorm word. Die meervoud van die telwoord "twaalf" kan sowel "twaalwe" as "twaalfs" wees.
Tannie Poppie is 'n regte ........ ; op 75 klim sy nog die koppies uit om die bokke aan te jaag.
Kan-nie-dood kanniedood kan nie dood Kanniedood
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “kanniedood”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Koppel die batterye aan 'n ........ om die gelykstroom na 220 V-wisselstroom om te skakel.
wisselrigter transformator inverter omskakelaar
Die toestel wat gebruik word om gelykstroom na wisselstroom om te skakel word 'n "wisselrigter" genoem en word veral gebruik by sonkraginstallasies. Die Engels vir 'n "wisselrigter" is 'n "inverter".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)