30 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-01-2026 só ingevul:
Die ........ is besig om die bedryf lam te lê.
drie weke staking drie week staking drieweekse staking drieweekstaking
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (telwoord "drie" + selfstandige naamwoord "week") en ʼn selfstandige naamwoord "staking".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die minister van polisie is bekommerd oor die vlaag van misdaad wat die land teister. Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "vlaag" in bostaande sin?
abstrakte naamwoorde soortname eiename versamelname
Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "vlaag", "godsdiens", "liefde" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die uitdrukking "buite raad wees", beteken 'nie weet wat om verder te doen nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
ʼn Beunhaas is ........ .
iemand wat nie weet wat hy doen nie, ʼn knoeier ʼn tradisionele gereg van haasvleis ʼn haassoort wat slegs in die Klein-Karoo voorkom ʼn tengerige adolessent
Die woord "beunhaas" verwys na iemand wat knoei met handewerk, of onbekwaam is. In die sewentiende eeu het die woord "bönhase" verwys na ʼn handwerker wat nie aan ʼn gilde behoort nie. Dit was dikwels kleremakers wat onwettig op ʼn solder ("böne") gewerk het. (Bron: Etymologisch Woordenboek van het Nederlands)
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)