0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-02-2026 (vlak 1)



vorige toets 03 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-02-2026 só ingevul:



Daar's al skimmel op die brood; gooi dit weg!
Wat is die woordsoort van "skimmel" in bostaande sin?
1 % (afgerond)bywoord
voornaamwoord
90 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
8 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “skimmel - die skimmel”. Die woord "skimmel" het geen meervoud nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die padtekens ........ dat daar vorentoe gevaar is.

1 % (afgerond)aandui
4 % (afgerond)dui-aan
90 % (afgerond)dui aan  
5 % (afgerond)duiaan

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die padtekens uit gevaar aan.” en “Die padtekens kan gevaar aandui.”
Sien ook die bladsy Samestellings.



As 'n uitsondering sal ons ........ drink wanneer my tannie kom kuier.
20 % (afgerond)shiraz
58 % (afgerond)Shiraz of shiraz 
21 % (afgerond)Shiraz

Benaming van kultivars kan met 'n kleinletter of hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Dit was ........ in die bos; ons het nie eens ʼn voël hoor tjilp nie.
96 % (afgerond)tjoepstil 
1 % (afgerond)choepstil
3 % (afgerond)tjoep stil
choep stil

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties