04 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-02-2026 só ingevul:
Tussen sy speelgoed was daar 'n giftige ........ .
geelslang geel slang geel-slang
Byvoeglike naamwoorde (soos "geel") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "slangetjie") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. Die name van plante en diere het gewoonlik betekenisverdigting ondergaan.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
My broer het so 'n manie oor biljart dat hy vir homself 'n klein ........ as muurbehangsel gekoop het.
keu'tjie keutjie keu'etjie keukie
Die afkappingsteken (of apostroof) word by meervoude en verkleinwoorde gebruik van woorde wat op die letters "i", "o", "u" en 'n beklemtoonde "a" eindig. Woord wat op 'n diftong (soos "eu") eindig, kry nie die afkappingsteken nie. 'n "Keu" is 'n biljartstok.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Wat is die vroulike vorm van "profeet"?
profettes profites profetes profetin
Die vroulike vorm van "profeet" is "profetes". Ander soortgelyke vorme is "prinses", "digteres", "priesteres" en "minnares".
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.
Madiba was 'n politieke gevangene op ........ .
Robben-eiland Robbeneiland robbeneiland Robben Eiland
Geografiese name, byvoorbeeld van eilande, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)