2115 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-04-2026 (vlak 1)



vorige toets 20 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-04-2026 só ingevul:



Sy trek haar aandrok aan en ........ haar gesig vir die dinee.
5 % (afgerond)grimeur
94 % (afgerond)grimeer 
grumeur
grumeer

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "grimeur" in plaas van die korrekte "grimeer".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Die ........ episode word vanaand uitgesaai.
94 % (afgerond)finale  
4 % (afgerond)finaal
2 % (afgerond)finaale

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Dis ........ Koekemoer wat volgende by die kongres gaan praat.
33 % (afgerond)mevrou of Mevrou
13 % (afgerond)slegs Mevrou
55 % (afgerond)slegs mevrou 

Waar aanhefvorme nie as aanspreekvorme gebruik word nie, word dit met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



'n Antoniem vir die woord "verkeerd" is ........ .
4 % (afgerond)onjuis
12 % (afgerond)foutief
84 % (afgerond)reg 

Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het.
Sien ook die bladsy Antonieme.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties