2084 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-04-2026 (vlak 3)



vorige toets 28 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-04-2026 só ingevul:



Jason het 'n eier in die veld opgetel; dit lyk soos 'n ........ .
14 % (afgerond)tinktinkie eiertjie
82 % (afgerond)tinktinkie-eiertjie 
4 % (afgerond)tinktinkieëiertjie

As ʼn opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word ʼn koppelteken tussen die dele geplaas (AWS 12.1).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



My sussie en haar vriendinne is ........ as dit gaan oor klassieke musiek.
6 % (afgerond)fanatici
1 % (afgerond)fanatisie
91 % (afgerond)fanatikusse of fanatici 
1 % (afgerond)fanatikusse

Beide "fanatici" en "fanatikusse" word as meervoudsvorme van "fanatikus" erken.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die ........ het onlangs 'n eredoktorsgraad aan die professor Cronjé toegeken.
2 % (afgerond)Stellenbosse Universiteit
52 % (afgerond)Universiteit Stellenbosch 
33 % (afgerond)Universiteit van Stellenbosch
13 % (afgerond)Stellenbosch Universiteit

Die amptelike naam van dié universiteit in Afrikaans is "Universiteit Stellenbosch" en word met hoofletters geskryf. http://www.sun.ac.za/afrikaans/
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



In sommige dele van die wêreld is ........ 'n algemene verskynsel.
1 % (afgerond)polliegamie
4 % (afgerond)polligamie
95 % (afgerond)poligamie 

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “poligamie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "poligamie" kom uit die Grieks "polus + gamos" wat 'huwelik' beteken.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties