12 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 12-03-2026 só ingevul:
Sjoe, Mareli se makrolletjies en skuimtertjies ........ sommer vorentoe!
smaak proe of smaak proe
Die Engelse werkwoord "taste" is in Afrikaans "proe" in die betekenis 'ek proe iets', en "smaak" in die betekenis 'iets smaak lekker'. Om te sê die kos "proe" lekker is al so ingeburger dat dit as sinoniem vir "smaak" toegelaat word. (Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die sywurm spin 'n ........ voordat hy in 'n papie verander.
kokonnetjie kokonetjie kokontjie kokoinkie
Woorde wat op ʼn “l”, “m”, “n” of “r” eindig wat op ʼn kort vokaal volg, kry “-etjie” in die verkleiningsvorm, met die konsonant wat verdubbel om die vokaal kort te hou.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die ........ het hulp aan boere belowe.
departement van Landbou departement van landbou Departement Van Landbou Departement van Landbou
Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van staatsdepartemente, begin met 'n hoofletter (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.
Hoeveel vriende het ons op Facebook ........ .
gemeen in gemeen ingemeen
Die korrekte Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "have in common" is "gemeen hê" sonder die "in".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)