12 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-03-2026 só ingevul:
Die vroulik van "swaer" is ........ .
nig swaerin stiefsuster skoonsuster
Die woord "skoonsuster" staan teenoor "swaer", soos wat "nig" teenoor "neef" staan.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.
Watter woord bevat 'n diftong?
beur muur loer leeu
Diftonge, oftewel tweeklanke, is 'n opeenvolging van vokaalklanke wat sonder onderbreking uitgespreek word.
Sien ook die bladsy Diftonge.
Die ........ is nie beskikbaar nie, en ek kan gevolglik nie die internet gebruik nie.
lokale areanetwerk lokaleareanetwerk lokalearea netwerk lokale area netwerk
"Lokaleareanetwerk" is 'n samestellende samestelling. Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "lokale" + selfstandige naamwoord "area") en ʼn selfstandige naamwoord "netwerk".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die eerste ........ van die woordeboek was binne ʼn jaar uitverkoop.
opla oplaens oplage oplae
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “oplaag – oplae”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “meestal – meesal”. Die meervoud van "oplaag" is "oplae"; die meervoud van "oplae" is "oplaes".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)