2133 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-03-2026 (vlak 1)



vorige toets 13 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-03-2026 só ingevul:



Ouma is besig om ’n tolletjie ........ in die naaimasjien te sit.
slegs garinge
15 % (afgerond)slegs garing
71 % (afgerond)gare of garing 
14 % (afgerond)slegs gare

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "gare – garing", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant", "agtelosig – agterlosig".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



Die baba het ʼn sagte ........ .

3 % (afgerond)veltjie
velpie
velkie
97 % (afgerond)velletjie 

Woorde wat op “l”, “m”, “n”, of “r” eindig, voorafgegaan deur 'n kort beklemtoonde vokaal [a, ε, ɔ, ә,] vorm die verkleiningsvorm met “-etjie”. Die slotkonsonant van die stam word verdubbel om die voorafgaande vokaal kort te hou. (AWS 15.7)
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



Net voordat die minister ingehuldig is, is sy ........ gelig en is hy gevra om van sy pos afstand te doen.
66 % (afgerond)doopseël
1 % (afgerond)doop seël
33 % (afgerond)doopseel 
doop seel

Die idioom "iemand se doopseel lig" beteken ‘iemand se ongunstige verlede openbaar maak’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo) Die woord "doopseel" word altyd sonder ’n deelteken geskryf.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



My skoene was die ene modder.
Wat is die woordsoort van "ene" in bostaande sin?
12 % (afgerond)voegwoord
4 % (afgerond)werkwoord
53 % (afgerond)adjektief
31 % (afgerond)bywoord 

'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n adjektief. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
58% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties