13 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-03-2026 só ingevul:
Die ontbinde oorskot van ʼn vreemde ........ is onlangs in 'n grot opgespoor.
kreatier kreätier kreatuur kreätuur
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “kreatier” in plaas van die korrekte “kreatuur”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die baas het die ........ laat sak oor die kwessie van onbetaalde verlof.
gordyn sluier venster emmer
Die idioom "die gordyn oor iets laat sak" beteken 'nie verder oor iets praat nie'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Een afdeling van die vraestel bestaan uit ........ .
veelvuldige keuse vrae veelvuldigekeusevrae veelvuldige keusevrae
Fanie is bekend daarvoor dat hy die ........ grappies vertel.
skuinsste skuinste
Die woorde "skuinsste" en "skuinste" word dikwels verwar en verkeerdelik as wisselvorme gebruik. "Skuinsste" is die oortreffende trap van "skuins"; 'n "skuinste" is 'n helling of 'n op- of afdraande. 'n "Skuins grap" is 'n grap wat onder die beld is en word ook 'n "vuil grap" of "skurwe grap" genoem.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)