2133 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-03-2026 (vlak 3)



vorige toets 13 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-03-2026 só ingevul:



Die skool is onlangs aangewys as een van die ........ .
18 % (afgerond)top openbare skole
4 % (afgerond)top-openbare-skole
20 % (afgerond)top- openbare skole 
58 % (afgerond)top openbare skole of top- openbare skole

Volgens die nuwe AWS is 'n koppelteken verpligtend by afstandsamestellings. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“openbare”) sou dit vas geskryf word as “topskole” (AWS 12.25). Die woorddeel "top" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie en word altyd vas aan 'n naamwoord in 'n samestelling geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die kleinste betekenisvolle of funksionele woorddeel wat in 'n taal voorkom, is 'n ........ .
21 % (afgerond)lemma
10 % (afgerond)sillabe
40 % (afgerond)morfeem 
29 % (afgerond)lettergreep

Verskillende morfeme kan geïdentifiseer word, waaronder stamme, prefikse (voorvoegsels), suffikse (agtersetsels) en interfikse (verbindingsklanke).
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Die nuuskierige meerkatjie staan ........ en loer oor die bult.
92 % (afgerond)pennetjieorent 
rietorent
1 % (afgerond)paaltjieorent
6 % (afgerond)stokorent

Nog intensiewe vorme vir "orent" is "penorent" en "kiertsorent".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Geagte ........ Van Rensburg
22 % (afgerond)prof. of Prof.
47 % (afgerond)prof. 
11 % (afgerond)prof of Prof
19 % (afgerond)Prof.

Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



TOTAALRESULTAAT:
50% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties