2132 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 23 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-03-2026 só ingevul:



Die afkorting "a.a." in 'n e-pos staan vir ........ .
al antwoord
86 % (afgerond)afskrif aan 
12 % (afgerond)antwoord aan
1 % (afgerond)aanbieding aan

ʼn Afkorting is ʼn verkorte skryfwyse van ʼn woord, groep woorde of organisasies. Daar is vier kategorieë: egte afkortings, simbole en akronieme, waaronder letternaamwoorde en letterklankwoorde val. ʼn Uitgebreide lys afkortings verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Afkortings.



Sowat 75 ........ het afgebrand.
1 % (afgerond)woon strukture
99 % (afgerond)woonstrukture  
woon-strukture
woon struktuure

ʼn Samestelling (“woonstrukture”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“woon” en “strukture”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die stoute kind het darem ’n ........ houding.
7 % (afgerond)brute
1 % (afgerond)bruut
92 % (afgerond)brutale 
brutaal

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("brutaal"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan en word "brutale". Die woord "brutaal" beteken ‘onbeskof’ of ‘parmantig’.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



My bulhond het hom net een byt gegee, toe is hy so dood soos 'n ........ .
97 % (afgerond)mossie 
papegaai
1 % (afgerond)kokkewiet
1 % (afgerond)duif

"So dood soos 'n mossie" beteken 'morsdood'.
Daar is geen logiese verklaring vir mossie in hierdie vergelyking nie. In Nederlands is iemand/iets "zo dood als een pier".
In Engels is dit meer logies: "As dead as a doornail."
Sien ook die bladsy Vergelykings.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties