2132 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-03-2026 (vlak 3)



vorige toets 23 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-03-2026 só ingevul:



Die waarde van my belegging het al ........ .
23 % (afgerond)verdriedubbel of vertripel 
77 % (afgerond)vertrippel of verdriedubbel
virtrippel
vertripel

Wanneer iets twee keer in waarde toeneem, sê ons dit het "verdubbel"; wanneer iets drie keer in waarde toeneem, sê ons dit het "verdriedubbel". Die woord "vertripel" (met slegs een "p") is ook moontlik.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



As daar te veel mense by 'n projek betrokke is, sê ons in die idioom: "Te veel kokke bederf die ........ ."
16 % (afgerond)sop
4 % (afgerond)pap
29 % (afgerond)bredie
52 % (afgerond)bry 

In Engels is die idioom: "Too many cooks spoil the broth." Bry is 'n soort pap. Leer meer oor Afrikaanse idiome by http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ons moet ........ huis toe voor ons natreën.
foetslaan
98 % (afgerond)voetslaan 
voet-slaan
2 % (afgerond)voet slaan

ʼn Samestelling ("oogarts") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voet" en "slaan") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die bekende Nigeriese terreurgroep ........ se naam beteken "Westerse opvoeding is ʼn sonde".

7 % (afgerond)Hamas
4 % (afgerond)Al Kaïda
4 % (afgerond)Hezbollah
85 % (afgerond)Boko Haram 

"Boko Haram" is die verkorte naam van "Jama’atu ahlis sunna lidda’awati wal-jihad", letterlik 'Mense wat toegewyd is aan die verbreiding van die woord van die profeet en die jihad'. "Boko Haram" beteken egter 'Westerse opvoeding is sondig'. https://nl.wikipedia.org/wiki/Boko_Haram

Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties