0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 24 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-03-2026 só ingevul:



Waldo se resep vir sjokoladekolwyntjies is baie ........ as die een wat ek op die internet opgespoor het.
meer maklik
99 % (afgerond)makliker 
1 % (afgerond)maklik
mees maklikste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “maklik”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “makliker” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die maklikste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Moenie so ........ nie; gaan blaas jou neus!
100 % (afgerond)snuif 
sneiv
sneif
snuiv

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Op die oewer van die Vaalrivier is daar 'n dorpie genaamd ........ .
villiers
8 % (afgerond)Villiers of De Villiers
89 % (afgerond)Villiers 
3 % (afgerond)De Villiers

Geografiese name, byvoorbeeld die name van dorpe, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



Die Drakensberg troon majestueus oor die Tugela.
'n Sinoniem vir die woord "majestueus" is ........ .
89 % (afgerond)imposant 
2 % (afgerond)bergagtig
8 % (afgerond)hoog
klipperig

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties