26 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-03-2026 só ingevul:
Die ........ is bekend vir sy relatief matige klimaat.
Hoë Veld Hoëveld Hoë-Veld
Meerledige geografiese name wat geen eienaamelement bevat nie, word sonder 'n koppelteken vas geskryf. (Bron: AWS 12.29)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Deesdae is ’n ........ kwalifikasie noodsaaklik as jy iewers in die lewe wil kom.
tersiëre tersiere tersiêre tersiêr
Die kappie word gebruik op klinkers in lang, oop lettergrepe om die klank te rek, byvoorbeeld "tersiêre", "sê", "hê" en "môre".
Sien ook die bladsy Kappie.
Daardie medisyne is ........ ; ’n mens kan dit skaars drink!
gal bitter galbitter gal-bitter
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf ("galbitter") behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die Bodenmeer lê aan die voet van die ........ .
Alpberge Alpe Alpeberge Alpen
Die Alpe is 'n bergreeks in Europa. Die naam "Alpe" kom waarskynlik van die pre-Indo-Europese woord *alb wat 'heuwel' beteken het.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)